Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Afrikaans, ons taal » " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH
" Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #55685] Vr, 18 Januarie 2002 04:03 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande
Re: " Villanelle " deur BREYTEN BREYTENBACH [boodskap #55723 is 'n antwoord op boodskap #55685] Vr, 18 Januarie 2002 09:36 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C479F4F.5080206@rogers.com...

> VILLANELLE
> (vir Paul Verlaine)
> Breyten Breytenbach

Het jy nie dié enetjie reeds gepos nie, my meisie? Hoeveel
villanelle'e het jy daar by jou? Kan ons 'n website maak, "101
Afrikaanse Villanelle'e"? Hier's solank my eerste poging:

==

"die nuwe woordeboek is int'ressant
met nuwe perspektiewe op ons taal"
dit sê die man wat skryf in die koerant.

verskeie mense is daarteen gekant,
maar kundiges staan vas by hul verhaal:
"die nuwe woordeboek is int'ressant"

"ons een'ggebore taal is aan die brand,
want ander tale steel ons rot en kaal"
dit sê die man wat skryf in die koerant.

"ons taal, ons erf'nis is ons laaste pand
vir wat sal ons dié dure prys betaal -
'die nuwe woordeboek is int'ressánt'?"

"tensy die gier op dowe oor beland
vervorm ons taal vanjaar nog radikaal"
dit sê die man wat skryf in die koerant.

Die neusoptrek-kritiek van hierdie trant
kom eind'lik neer op niks, want dis finaal:
"die nuwe woordeboek is int'ressant"
dit sê die man wat skryf in die koerant.

==
Re: " Villanelle " deur Samuel Murray [boodskap #55736 is 'n antwoord op boodskap #55723] Vr, 18 Januarie 2002 16:31 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> "die nuwe woordeboek is int'ressant
> met nuwe perspektiewe op ons taal"
> dit sê die man wat skryf in die koerant.
>
> verskeie mense is daarteen gekant,
> maar kundiges staan vas by hul verhaal:
> "die nuwe woordeboek is int'ressant"

>
> "ons een'ggebore taal is aan die brand,
> want ander tale steel ons rot en kaal"
> dit sê die man wat skryf in die koerant.
>
> "ons taal, ons erf'nis is ons laaste pand
> vir wat sal ons dié dure prys betaal -
> 'die nuwe woordeboek is int'ressánt'?"
>
> "tensy die gier op dowe oor beland
> vervorm ons taal vanjaar nog radikaal"
> dit sê die man wat skryf in die koerant.
>
> Die neusoptrek-kritiek van hierdie trant
> kom eind'lik neer op niks, want dis finaal:
> "die nuwe woordeboek is int'ressánt"
> dit sê die man wat skryf in die koerant.

Nie sleg nie. Wanneer kan ons die volgende een
verwag?
Omdat ek nie 'n groot aantal villanelles het nie,
pos ek maar dieselfde ouens oor en oor. Ken jy nog
Afrikaanse villanelles, veral dié wat jy nog nie
op hierdie nuusgroep gelees het nie?
Van watter nuwe woordeboek praat jy?

Gloudina
Re: " Villanelle " deur Samuel Murray [boodskap #55830 is 'n antwoord op boodskap #55736] So, 20 Januarie 2002 14:07 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C484EA8.7080102@rogers.com...

> Voetleuce wrote:

>> "die nuwe woordeboek is int'ressant
>> met nuwe perspektiewe op ons taal"
>> dit sê die man wat skryf in die koerant.

> Nie sleg nie. Wanneer kan ons die volgende een
> verwag?
> Van watter nuwe woordeboek praat jy?

Dis sommer 'n anderhalfuurtjie se aanmekaar-geslaande ding dié. Op 'n ander
poslys het ons ook gesels oor villanelle'e, en toe is ek vir 'n ledige
uurtjie intens geïnteresseerd in die formaat. Die volgende ene kom wanneer
die vlooi my weer byt.
Re: " Villanelle " deur Samuel Murray [boodskap #55831 is 'n antwoord op boodskap #55830] So, 20 Januarie 2002 15:40 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

Op 'n ander
> poslys het ons ook gesels oor villanelle'e, en toe is ek vir 'n ledige
> uurtjie intens geïnteresseerd in die formaat. Die volgende ene kom wanneer
> die vlooi my weer byt.

OK. Ons sal wag. Hoop die vlooi byt gou.
Ken jy ander Afrikaanse villanelles.
(Ek wonder darem oor jou meervoud. Is dit
die offisiële meervoud, volgens jou
woordeboek?

Gloudina
Re: Villanelle se meervoud [boodskap #55864 is 'n antwoord op boodskap #55831] Ma, 21 Januarie 2002 10:21 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C4AE5C2.4020501@rogers.com...

> Voetleuce wrote:

>> Op 'n ander poslys het ons ook gesels
>> oor villanelle'e...

> (Ek wonder darem oor jou meervoud. Is dit
> die offisiële meervoud, volgens jou
> woordeboek?

Dis nie volgens 'n woordeboek nie. Maar hoe spreek jy die enkelvoud
"villanelle" uit? Sê jy "willa-nelle" of "willa-nel"? Indien
laasgenoemde, dan is die meervoud mos "willa-nelle" en nie
"willa-nelles" nie. Oppas vir die anglisismes :))

Dieselfde geld vir "franchise". Die uitspraak is "fraen-sjaais". Die
meervoud kry dus bloot 'n "e" agter aan, soos in "fraen-sjaaise"
(franchise'e). Jy spreek mos nie die laaste "e" uit nie, daarom kry
hy nie 'n "s" in die meervoud in Afrikaans nie.
Re: Villanelle se meervoud [boodskap #55869 is 'n antwoord op boodskap #55864] Ma, 21 Januarie 2002 14:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Dis nie volgens 'n woordeboek nie. Maar hoe spreek jy die enkelvoud
> "villanelle" uit? Sê jy "willa-nelle" of "willa-nel"? Indien
> laasgenoemde, dan is die meervoud mos "willa-nelle" en nie
> "willa-nelles" nie. Oppas vir die anglisismes :))

OK. Ek stem vir villanel vir die enkelvoud
en villanelle vir die meervoud. Dit is nou
vir uitspraak. Maar ek behou my die reg voor
om dit in die Franse vorm "Villanelle" te
skryf as ek een aandui.


> Dieselfde geld vir "franchise".

Is "franchise" nou skielik 'n Afrikaanse
woord? Dierbaarheid.

Gloudina
Re: Villanelle se meervoud [boodskap #55872 is 'n antwoord op boodskap #55869] Ma, 21 Januarie 2002 15:17 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C4C221D.2070006@rogers.com...

> OK. Ek stem vir villanel vir die enkelvoud
> en villanelle vir die meervoud. Dit is nou
> vir uitspraak. Maar ek behou my die reg voor
> om dit in die Franse vorm "Villanelle" te
> skryf as ek een aandui.

As jy die Franse woord "villanelle" gaan verafrikaans na "villanel",
waarom nie sommer "willanel" nie? Ek verkyk my soms na die
verafrikaansings waar net die helfte van die woord verafrikaans word,
en die ander helfte in sy vreemde vorm bly.

> Is "franchise" nou skielik 'n Afrikaanse
> woord? Dierbaarheid.

Laaaaaaaaaaaankal. My 1991 Sakewoordeboek het al die woord in. Of,
wat sou jy in die plek van dié woord voorstel?

Onthou, "franchise" soos in "stemreg" is nie Afrikaans nie. Die
Afrikaanse woord "franchise" verwys slegs na 'n soort agentskap met
eksklusiewe verkoopsreg. Jy kan dit nie eens as werkwoord in
Afrikaans gebruik nie, en jy kan ook nie sê "Ek het 'n franchise op
dit en dat" nie (nee, jy't 'n verkoopsreg daarop).

Ek't geen probleem om vreemde woorde te leen in Afrikaans nie. Maar
as die woord daarna as Afrikaans geag word, dan moet sy meervoud
e.d.m. mos op 'n Afrikaanse wyse gevorm word (nie op 'n Engelse wyse
nie).

Dié uitspraakreël kan 'n mens ook nie orals toepas nie, soms is 'n
vorm ingeburger. Dink maar aan "kouk"... meervoud "kouks" (hoewel
"kouke" m.i. natuurliker klink).

Kouk? Skies, ek meen Coke.
Re: Villanelle se meervoud [boodskap #55877 is 'n antwoord op boodskap #55872] Ma, 21 Januarie 2002 16:39 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> As jy die Franse woord "villanelle" gaan verafrikaans na "villanel",
> waarom nie sommer "willanel" nie? Ek verkyk my soms na die
> verafrikaansings waar net die helfte van die woord verafrikaans word,
> en die ander helfte in sy vreemde vorm bly.

Ek kan weer nie sien hoekom jy die -W- in
die woord wil invoer nie. Ons het tog alreeds
die woord "villa" aangeneem as 'n Afrikaanse
woord. En ek neem aan die woord "villa" en
die woord "villanelle" is verwant in Frans.
( Wonder hoekom. 'n Villanelle is oorspronklik
bedoel om liries en pastoraal te wees. Wonder
of dit verwant is aan "village."

Gloudina
Re: Franchise [boodskap #55878 is 'n antwoord op boodskap #55872] Ma, 21 Januarie 2002 16:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Laaaaaaaaaaaankal. My 1991 Sakewoordeboek het al die woord in. Of,
> wat sou jy in die plek van dié woord voorstel?
> Die
> Afrikaanse woord "franchise" verwys slegs na 'n soort agentskap met
> eksklusiewe verkoopsreg. Jy kan dit nie eens as werkwoord in
> Afrikaans gebruik nie, en jy kan ook nie sê "Ek het 'n franchise op
> dit en dat" nie (nee, jy't 'n verkoopsreg daarop).
>
> Ek't geen probleem om vreemde woorde te leen in Afrikaans nie. Maar
> as die woord daarna as Afrikaans geag word, dan moet sy meervoud
> e.d.m. mos op 'n Afrikaanse wyse gevorm word (nie op 'n Engelse wyse
> nie).

Wel, as al hierdie woorde nou offisieel
Afrikaans word, dan moet mens darem maar
offisieel verklaar dat Afrikaans 'n mengel-
taal geword het in die twintigste eeu. Ek
weet dat mense in die straat die mengeltaal
gebruik, net soos fanagalo 'n mengeltaal
is, maar as "franchise" nou doodgewoon op die
bladsye van Beeld en van die Burger gebruik
word, dan slaan ek darem maar net my hande saam.
( Die klomp de Katte wat ek 'n paar jaar gelede
onder die oë gekry het, het so 'n rigting gevolg,
en dit het my teen die bors gestuit. Dis bloot
luiheid, en 'n sekere minderwaardigheidskompleks
van Afrikaners wat dink dat, om Engelse woorde oral
te gebruik, chic is.

Gloudina
Re: Villanelle se meervoud [boodskap #55929 is 'n antwoord op boodskap #55877] Di, 22 Januarie 2002 12:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C4C44F7.1030300@rogers.com...

> Voetleuce wrote:

>> As jy die Franse woord "villanelle" gaan verafrikaans na "villanel",
>> waarom nie sommer "willanel" nie? Ek verkyk my soms na die
>> verafrikaansings waar net die helfte van die woord verafrikaans word,
>> en die ander helfte in sy vreemde vorm bly.

> Ek kan weer nie sien hoekom jy die -W- in
> die woord wil invoer nie. Ons het tog alreeds
> die woord "villa" aangeneem as 'n Afrikaanse
> woord. En ek neem aan die woord "villa" en
> die woord "villanelle" is verwant in Frans.

Ek wil juis nie die W invoer nie. Ek wil ook nie die woord
verafrikaans na "villanel" nie. Hoe spreek jy "villa" uit... met 'n
"w"-klank of 'n "f"-klank?
Re: Franchise [boodskap #55930 is 'n antwoord op boodskap #55878] Di, 22 Januarie 2002 12:38 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Voetleuce  is tans af-lyn  Voetleuce
Boodskappe: 127
Geregistreer: Februarie 2001
Karma: 0
Senior Lid
skryf in boodskap news:3C4C46EC.5070007@rogers.com...

> Wel, as al hierdie woorde nou offisieel
> Afrikaans word, dan moet mens darem maar
> offisieel verklaar dat Afrikaans 'n mengel-
> taal geword het in die twintigste eeu. Ek
> weet dat mense in die straat die mengeltaal
> gebruik, net soos fanagalo 'n mengeltaal
> is, maar as "franchise" nou doodgewoon op die
> bladsye van Beeld en van die Burger gebruik
> word, dan slaan ek darem maar net my hande saam.

Wel, gee dan vir ons 'n ander Afrikaanse woord daarvoor? Buitendien,
Afrikaans is al 'n mengeltaal sedert diep in die 19e eeu, hoor.
Propvol anglisismes waarvan baie mense nie eens bewus is nie omdat
hulle al so deel van die taal is.

Jou "mense in die straat", byvoorbeeld. Heel Engels. G'n stuk
Afrikaans nie... dit lyk net na Afrikaans omdat die woorde Afrikaans
is.

Gee my eerder 'n taal wat Afrikaans is in murg en been, selfs al is
die vel dan nou hier en daar vervreemd, as 'n taal wat in sy murg al
vervreemd is en dié feit probeer verdoesel deur te sê "kyk, die vel is
dan nog suiwer".
Re: Franchise [boodskap #55951 is 'n antwoord op boodskap #55930] Di, 22 Januarie 2002 17:56 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

> Wel, gee dan vir ons 'n ander Afrikaanse woord daarvoor? Buitendien,
> Afrikaans is al 'n mengeltaal sedert diep in die 19e eeu, hoor.
> Propvol anglisismes

> Jou "mense in die straat", byvoorbeeld. Heel Engels. G'n stuk
> Afrikaans nie... dit lyk net na Afrikaans omdat die woorde Afrikaans

> Gee my eerder 'n taal wat Afrikaans is in murg en been, selfs al is
> die vel dan nou hier en daar vervreemd, as 'n taal wat in sy murg al
> vervreemd is en dié feit probeer verdoesel deur te sê "kyk, die vel is
> dan nog suiwer".

Dis waar wat jy sê tot 'n groot mate. Maar
ek kan nie glo dat twintig dertig jaar gelede
daar nie 'n alternatief vir franchise in
byvoorbeeld die Beeld gebruik was nie.

Oor die man in die straat. Ek dink dinge word
te maklik as "anglisismes" aangedui. Ek bedoel
die man in die straat. Nie elke Jan Rap en sy
maat nie. Ek bedoel die statistiese man in die
straat. As die Engelse nou eerste was om dit so
te gebruik het, goed. Maar ek bedoel : elke man
in die straat.

Gloudina
Re: Villanelle se meervoud [boodskap #55952 is 'n antwoord op boodskap #55929] Di, 22 Januarie 2002 18:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Voetleuce wrote:

Hoe spreek jy "villa" uit... met 'n
> "w"-klank of 'n "f"-klank?

Nee, ek spreek dit nie met 'n -f- uit
nie. Maar die v in villa en die w in
water is twee verskillende geluide,
en villanelle kan nie willanel uitge-
spreek word nie.

Gloudina
Re: Franchise [boodskap #56044 is 'n antwoord op boodskap #55951] Do, 24 Januarie 2002 13:12 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Wouter Plaasvark  is tans af-lyn  Wouter Plaasvark
Boodskappe: 1004
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
Voetleuce wrote:
> Wel, gee dan vir ons 'n ander Afrikaanse woord daarvoor?
> Jou "mense in die straat", byvoorbeeld. Heel Engels. G'n stuk
> Afrikaans nie... dit lyk net na Afrikaans omdat die woorde Afrikaans

Gloudina
Dis waar wat jy sê tot 'n groot mate. Maar
ek kan nie glo dat twintig dertig jaar gelede
daar nie 'n alternatief vir franchise in
byvoorbeeld die Beeld gebruik was nie.

Wouter
Daar is lank met ander terme soos "konsessie", "vergunning",
"vergunningsgebruik" en "handelsvoorreg" probeer om 'n woord te skep. Maar
dit het nie in die volksmond posgevat nie en "franchise" word nou aanvaar en
is steeds in algemene gebruik. Ek vind dit goed en reg dat so 'n woord
oorgeneem word as die nuutskepping nie werk nie.

Maar baie interessant, ek het die woord "franses" onlangs verskeie keer in
Namibiese Afrikaans raakgeloop. (Spreek uit fran-ses.) Ek vra verlede jaar
vir 'n rekenmeester op Mariental waar die woord vandaan kom en hy verstaan
nie hoekom ek dit vra nie, dis wat hom betref 'n ou gevestigde term. Hy wys
my toe die betrokke fransesooreenkoms wat in die vroeë negentigs in
Johannesburg opgestel is - hy het aanvaar die woord kom uit Suid Afrika.
Maar ek kry dit in geen SA woordeboek nie. Ek het egter 'n gevoel dat
franses maklik kon gewerk het - en dit sou verkieslik gewees het bo
franchise?
Re: Franchise [boodskap #56048 is 'n antwoord op boodskap #56044] Do, 24 Januarie 2002 13:39 Na vorige boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Interessant Wouter. Ek self het nog nooit van franses gehoor nie, wel van
konsessie.
Maar ek hou baie van franses - dit behoort te kan werk hier.
Annette

Wouter Plaasvark skryf in boodskap news:3c5007b6.0@news1.mweb.co.za...
> Voetleuce wrote:
>> Wel, gee dan vir ons 'n ander Afrikaanse woord daarvoor?
>> Jou "mense in die straat", byvoorbeeld. Heel Engels. G'n stuk
>> Afrikaans nie... dit lyk net na Afrikaans omdat die woorde Afrikaans
>
> Gloudina
> Dis waar wat jy sê tot 'n groot mate. Maar
> ek kan nie glo dat twintig dertig jaar gelede
> daar nie 'n alternatief vir franchise in
> byvoorbeeld die Beeld gebruik was nie.
>
> Wouter
> Daar is lank met ander terme soos "konsessie", "vergunning",
> "vergunningsgebruik" en "handelsvoorreg" probeer om 'n woord te skep. Maar
> dit het nie in die volksmond posgevat nie en "franchise" word nou aanvaar en
> is steeds in algemene gebruik. Ek vind dit goed en reg dat so 'n woord
> oorgeneem word as die nuutskepping nie werk nie.
>
> Maar baie interessant, ek het die woord "franses" onlangs verskeie keer in
> Namibiese Afrikaans raakgeloop. (Spreek uit fran-ses.) Ek vra verlede jaar
> vir 'n rekenmeester op Mariental waar die woord vandaan kom en hy verstaan
> nie hoekom ek dit vra nie, dis wat hom betref 'n ou gevestigde term. Hy wys
> my toe die betrokke fransesooreenkoms wat in die vroeë negentigs in
> Johannesburg opgestel is - hy het aanvaar die woord kom uit Suid Afrika.
> Maar ek kry dit in geen SA woordeboek nie. Ek het egter 'n gevoel dat
> franses maklik kon gewerk het - en dit sou verkieslik gewees het bo
> franchise?
>
Vorige onderwerp: Nuwe woordeoek toevoegings
Volgende onderwerp: www.afrikaans.nu
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 14:51:52 MGT 2024